Agtergrond
Die Garsfontein Biokinetika Gimnasium nou bekend as die Bio-Life Centre het in 2001 geopen by die Hoërskool Garsfontein. Die gimnasium is daar gestel om die skoliere sowel as lede van die gemeenskap te bedien met fasiliteite en kundigheid van hoogstaande gehalte. Persoonlike aandag en doelgerigte oefen-programme maak die gimnasium uniek.
Die Bio-Life Centre word bestuur en bedryf deur Biokinetikus, Hannes Dreeckmeier. Hannes het sy graad in Menslike Bewegings Wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en in die tyd homself ook in verskeie vakgebiede in die fiksheids industrie gekwalifiseer. Hy verwerf sy graad in Biokinetika aan die Universiteit van Pretoria. Na sy studies werk hy vir ses maande by die Biokinetika Gimnasium van Unisa. In 1999 werk hy vir ‘n jaar as “Exercise Physiologist” by die Sydney Academy of Sport in Australië onderleiding van Greg Craige, die Fisioterapeut van die Australiaanse rugby span.
Coenraad Vliestra het in 2003 ‘n graad in Sportwetenskap verwerf aan die Universiteit van Pretoria waarna hy ook besluit het om verder Biokinetika te studeer. In 2006 voltooi hy sy internskap jaar, onderleiding van Hannes Dreeckmeier en werk tans saammet Hannes by die Bio-Life Centre as Biokinetikus.

Hannes en Coenraad
Agtergrond

