Biokinetika

Finale fase (derde fase) rehabilitasie behels versterking van spiere; korrigering van wanbalans in die verhouding van spiere; postuur korreksie en die aanleer van spesifieke vaardighede wat van die liggaam verwag word by die uitvoer van fisiese aktiwiteite bv. balans, stabilisering, koördinasie ens.
Uitwerk van spesifieke programme en die koordinering daarvan in mediese gevalle waar oefening die simptome van ʼn spesifieke kondisie kan verbeter of selfs neutraliseer bv. kroniese rug, nek en ander gewrigspyne, oorgewig en ander verwante mediese kondisies.
Die verbetering van vaardighede wat kan lei tot beter sport prestasie, beter handhawing van postuur en voorkoming van sport beserings. Dit word verkry deur ʼn volledige evaluering te doen waartydens enige onreëlmatighede in die spiergroepe geïdentifiseer word bv verkeerde spier verhoudings vir spesifieke sportsoorte. Die pasiënt se vlak van spesifieke vaardighede word bepaal. Die verbetering van die vaardighede word verkry deur die regte oefenprogram voor te skryf.
Last Updated (Wednesday, 05 August 2009 08:39)
Biokinetika

