Pilates
![]() | Maandae 15:15--16:15 & 18:00--19:00 Dinsdae 15:15--16:15 Woensdae 15:15--16:15 Donderdae Waar: 15:15--16:15 & 18:00--19:00 By BIO-LIFE Sentrum (Op gronde van Hoërskool Garsfontein, Alma str., Pretoria) |
Wat is Pilates Klasse?
Pilates oefensessies is ontwikkel deur Joseph Pilates in die 1900’s. Hy was as kind sieklik en kon nooit regtig deelneem aan enige sport nie. Hy het die menslike liggaam begin evalueer en met die verloop van tyd, het hy ‘n reeks oefeninge ontwerp wat vir hom en ander baie sou help. Hy het ’n holistiese benadering tot liggaamskondisionering ontwikkel wat korrekte asemhalingstegnieke, spierkontraksie en spiersamewerking insluit.
Die doel van Pilates-klasse is om jou liggaam in staat te stel om optimale krag, soepelheid en spieruithouvermoë te hê. Pilates-oefeninge bied nie net ‘n uitdagende oefensessie vir die fikse persoon nie, maar korrigeer ook foutiewe postuur en is ‘n wonderlike hulpmiddel in rug-, nek- en ander ortopediese rehabilitasie-prosesse.
Dit is boonop ‘n veilige en effektiewe manier van oefen vir enige individu.
Last Updated (Thursday, 29 July 2010 10:14)
Pilates


