Home Pre- Post Nasal

Pre- & Postnatale

Pre- & Postnatale Oefenklasse

Hoekom Pre– en Postnatale Oefenklasse?

Deur die loop van u swangerskap en ook na die geboorte kan u liggaam net baat deur  maksimale krag en gesondheid. Ons bied pre- en post-natale klasse aan vir mammas wat die beste uit hul swangerskap wil haal.

Baie studies is gedoen oor die voordele wat oefening deur u swangerskap vir u kan inhou.

 

Hier is slegs ‘n paar van die voordele:

· Verhoogde kardiovaskulêre fiksheid

· Vinniger gewigsverlies na die geboorteproses

· Positiewe lewensuitkyk

· Verminderde angs en depressie

· Baie meer energie

· ’n Makliker geboorte

· Beter beheer oor pyne gedurende swangerskap, soos bv. rugpyn

 

Ons wil graag dubbel seker maak dat u en u babatjie ten alle tye gedurende oefening veilig is en die maksimum waarde uit die oefening put. Voor inskrywing vir die klasse moet u asb u dokter te raadpleeg om seker te maak dat die oefeninge nie skadelik sal wees vir u en u baba in u spesifieke omstandighede nie. Klasse sal bestaan uit basiese opwarming, krag oefeninge, soepelheid en afwarming. 

Pre- & Postnatale Oefenklasse

Maandae          18:00—19:00

Woensdae       18:00—19:00

E-pos ons vir meer inligting by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

Waar:

By BIO-LIFE Sentrum (Op gronde van Hoërskool Garsfontein, Alma str., Pretoria)

 

Kostes:

                     Aansluitingsfooi: R330

Dan:            R350 per maand vir
                     2x klasse per week. 

Dit sluit ook ’n gimnasiumkontrak in vir die tydperk van klasbywoning.  (Meeste mediese fondse dek hierdie tariewe.) ‘n Volledige evaluasie sal aan die begin en einde van u kontrak gedoen word.

 

 

Last Updated (Thursday, 29 July 2010 10:06)